Thursday, June 10, 2010

Part vyftien

sy taal dat hy is besig om te vlug. Sy ma is op ‘n dorp ver van die plaas, want sy werk daar om geld te stuur elke maand vir hom en sy sussie. Hy en sy sussie het by sy ouma gewoon, maar sy ouma is nou dood. Sy oom het sy ma belowe hulle kan daar bly en hy sal na hulle kyk. Gisteraand het daar baie mense om die vuur gesit en gesels. Hy en sy sussie het skoon gemaak en was net van plan om te gaan slaap, toe hy hoor dat sy oom vir hom gaan verkoop as ‘n slaaf om te werk op ‘n wildsplaas. Hy het bang geword en geweet dat hy nie weer sy sussie en sy ma sal sien nie. Vroegdag het hy wegeloop en dorp toe gegaan. As hy maar net met sy ma kan praat en haar vertel wat sy oom wil doen. Op die dorp het hy gesien hoe Gerda haar boetie optel en dra en hy het geweet as hy kan saam ry sal Gerda hom help. Oom Koos vra hom sy naam en hy antwoord dapper “Sipwe en dit beteken vegter” Oom Koos vra Gerda om vir hom iets te gee om te eet en te drink. Hy is so honger dat hy al die toebroodjies vinnig opeet en ook die koffie weg slurp. Nou sit hy rustig in die koelte en wag om te sien wat gaan gebeur. Binne in die huis verduidelik oom Koos dat daar die afgelope tyd baie kinders verkoop word en dan sien hulle nie weer hulle familie nie. Sipwe gaan seker nie na ‘n ander plaas toe nie, maar word oor die grens geneem na ‘n ander land om daar te werk. Hy weet ook dat Sipwe natuurlik bekommerd is oor sy sussie wat agter gelaat is en hy voel dit is sy verantwoordelikheid om na haar om te sien terwyl hulle ma weg is. Hy is self nog ‘n kind en skaars 9 jaar oud. Daar is mense wat hom sal uitbuit en gebruik vir harde arbeid. Vir eers besluit die groot mense om stil te bly en hom daar te hou. Die volgende dag sal hulle verdere ondersoek doen en vasstel waar die plaas is. Oom Koos se ̂ Gerda moet hom water gee om te was ,asook na die kraal neem om daar te slaap. By die kraal sal hy tuis voel, want hulle kan met hom praat. Gerda neem hom kraal toe en hy voel so veilig by haar dat hy haar hand vat en saam stap.

No comments:

Post a Comment