Thursday, June 10, 2010

Part sewe

juis genoem dat net slegte karakters hier onder woon. Skielik hoor sy ‘n bars en ‘n harde stem, “Hello waar kom jy vandaan en wat is jou naam” Gerda maak haar oe ̈ oop en kyk na die groot wolf wat hier by haar staan en ewe onvriendelik vra, “In watter storie is jy die slegte karakter en wie het jou hier afgegooi. Eers wil sy opspring en weg hardloop, maar sy weet nie waarheen nie. Gerda besef sy sal moet saam speel en niemand kwaad maak nie. As hulle weet sy is nie ‘n slegte karakter nie, mag hulle haar seer maak. Gerda vra ewe vriendelik vir Wolf wat sy naam is en waar pas hy in as dit by die stories kom. Trots antwoord Wolf dat hy in Rooikappie is en hy het dit geniet om die ouma en Rooikappie skirk op die lyf te jag. Nou moet Gerda vinnig dink in watter storie of verhaal is sy die slegte karakter. “My naam is Gerda en ek is in die verhaal die meisies en die vis” antwoord sy vinnig en kyk af sodat Wolf nie kan sien dat sy jok nie. Wolf krap sy kop en kyk stip na haar. Hy het nog nooit van die verhaal gehoor nie, maar hy is nou al so lank hier onder dat hy miskien van die nuwe verhale vergeet het. Die wolf neem haar hand en lei haar na ‘n huisie in die woud. Hierdie huis behoort aan die drie varkies maar die wolf het dit afgevat. Nou kan die huis aan Gerda behoort, want die wolf het dit weggegooi. Gerda is so dankbaar dat sy vinnig in die huis gaan. Voor sy die deur toemaak se ̂ Wolf dat sy vanaand na die vergadering moet kom. Gerda is so moeg en uitgeput en sit ook dadelik op die bank en huil. Waarom is sy so nuuskierig en wat gaan van haar word. Sy besluit om rond te loop en te kyk of sy iets kan doen om hier uit te kom. Die huisie lyk net soos die huis in die drie varkies verhaal. Daar is ‘n groot koorsteen binne, met ‘n groot vuur en in die kaggel staan ‘n groot swart pot. Gerda besef sy sal alleenlik met die karakters kan klaar kom as sy die verhale goed ken. Hoeveel keer het haar ma nie vir haar gese ̂ om te lees nie en veral die fee verhale. Na sowat twee ure klop iemand haastig aan die deur en vra met ‘n harde stem, “Is jy daar meisiekind , ons moet na die vergadering gaan.” Gerda is doodbang en vra vir die wolf om haar terug te neem na die gat en hy weier dadelik. Nee sy moet vergadering toe gaan want sy is nuut en hulle wil uitvind wat sy ken en wie sy ken in die verhale en stories.

No comments:

Post a Comment