Thursday, June 10, 2010

Part ses

Dadelik het Gerda hom opgetel en na die koelte gedra, waar sy vir hom van haar water gegee het uit ‘n groot blaar van ‘n boom. Saggies het sy hom neergesit en eenkant gaan sit op ‘n klip en hom dopgehou. Weer het hy na haar kant toe geloop en naby haar gaan staan. Sy gee weer vir hom water en sit hom terug in die koelte want die son is nou baie warm. Die dag stap aan en Gerda wil die diere besoek, maar sy weet nie wat om met die eendjie te doen nie. Miskien is hy verdwaald en wil hy terug gaan na sy maats en familie by die dam. Net daar besluit Gerda om hom op te tel en saam te neem. Nadat hulle ‘n entjie geloop het hoor sy die klein stemmetjie. “Dankie.” Verskrik kyk sy rond, maar sien niemand. Weer hoor sy die klein stemmetjie en sy kyk af na die eendjie. Sekerlik kan dit nie van die eendjie afkom nie en kwaad roep sy uit “Kom uit as jy wegkruip wie jy ookal is” Ewe skielik hoor sy “ Ek is hier in jou hand en my naam is Ewert. Moet my asseblief nie neersit of bang word nie. Is jou naam Gerda want al die diere ken jou en hulle het my vertel van jou wat van die dorp afkom. Hulle se ̂ ook jy is baie lief vir diere en sal nooit ‘n dier seermaak nie”. Gerda bevestig dat haar naam Gerda is, maar sy is nou baie bang want sy het net altyd gedroom dat sy met diere kan praat en nie geglo dit kan ‘n werklikheid word nie. Ook wou Gerda weet waar is die ander diertjies en van wanneer af praat hy. Wie het hom so gemaak? Die eendjie antwoord vinnig dat daar ‘n feetjieland is en al die diere praat. Nou is Gerda baie nuuskierig en ook dieselfde tyd opgewonde. Hoeveel keer het sy nie al gedroom van hierdie dag nie en kan haar drome nou waar word. Sy vra vir Ewert om haar na feetjieland toe te neem, dan sal sy hom help om na sy familie en vriende terug te keer. Nadat hy ingestem het, stap hulle verder. Gerda dra vir Ewert, want hy is swak en uitgeput. By die perde stalle sit sy die eendjie neer naby ‘n groot appelboom in die koelte. Gerda was nou ook moeg en gaan sit op ‘n stuk groen gras. Skielik hoor sy ‘n getjurp en sien die eendjie spring op en af. Gerda hardloop na hom en hy verduidelik vinnig dat die deur oop is en sy moet saam kom. Gerda het half skrikerig nader na die stal beweeg. Ewert die eendjie het stadig na die agterkant van die stal beweeg. Dadelik wou sy weet waar hulle heen gaan en half vererg antwoord Ewert dat sy wil feetjieland sien en sy moet saam kom. In feetjieland is al sy vriende en familie. In die stal het al die diere vir Ewert gegroet en geweet hy was weer oppad na feetjieland. By ‘n deur staan Ewert stil en trek aan ‘n toutjie. Skielik swaai ‘n deur oop en Ewert gaan binne met Gerda wat half onwillig volg. Binne was ‘n muur en Ewert vra Gerda om die muur te stoot, totdat dit beweeg. Gerda probeer die eerste keer maar die muur beweeg nie. Die tweede keer stoot sy hard en die muur beweeg . Vinnig gaan Ewert in en Gerda volg hom. Verstom en verbaas sien sy al die karakters van al die fee verhale is daar en hulle beweeg en praat met mekaar. Die tandmuis staan met ‘n tand en is besig om ‘n sterk muur van ‘n kasteel te bou. Nie ver van hom nie sit Rooikappie met haar mandjie eetgoed en huil. Die drie Beertjies gesels met Goue lokkies en eet pap. Die drie varkies is besig om nuwe huisies te bou en Sneeuweitjie is besig om die huisies van die dwergies skoon te maak. Dit was iets om te aanskou en Gerda was stom geslaan. “Maar waar is al die slegte mense? Hulle moet ook e ̂rens wees?” vra Gerda verbaas. “Ja”antwoord Ewert, “Hulle is hier onder in feetjieland”. Ewert gaan na ‘n gat naby ‘n groot boom en wys vir Gerda waar die slegte karakters is. Hoe kan hulle daar in kom wil sy weet en Ewert antwoord dat hulle volg die goeie karakters en as hulle in feetjieland wil inkom word hulle gedwing om af te gaan na onder. Die eendjie wys toe vir Gerda hoe en waar stamp hulle die slegte karakters af om onder feetjie land te woon. Net op Daardie oomblik kom Pinocchio met sy lang neus en hy wil ook sien na wat kyk Gerda en Ewert . Sy voet gly en hy gryp na Gerda. Sy verloor haar balans en tuimel die gat af. Ewert skree en hardloop paniek bevange rond en soek hulp. Hy kyk af en kan glad nie vir Gerda sien nie. Gerda val tot heel onder en le ̂ vir ‘n paar minute stil . Sy het pyn en nou wonder sy waar sy is, want Ewert het

No comments:

Post a Comment