Thursday, June 10, 2010

Part seventien

lank in die donker gesit en staar na die sterre wat blinkend geskyn het. Sy het met die vuurvliegie gesels en al die sterre vir hom gewys. Hy het altyd gedink hy was een van die sterre wat geval het, maar nou dat Gerda vir hom alles vertel van die groot sterre voel hy maar baie klein. Gerda verduidelik aan hom al is sy liggie klein kan hy nog vir iemand skyn. Later stap hulle terug huis toe en toe Gerda haar kamer lig af skakel sien sy ‘n klein liggie by haar venster. Die vuurvliegie het op die vensterbank gaan le ̂ en sy liggie geskyn vir Gerda. Die dag voor Gerda huis toe gaan , kom ‘n voeltjie met ‘n briefie by die plaas huis aan. Hy gaan sit in ‘n boom en wag tot Gerda uit die huis kom. Toe sy uitkom vlieg hy na haar toe en laat val die briefie voor haar voete neer. In die briefie is daar ‘n uitnodiging na ‘n middernagtelike partytjie en Gerda is eregas. Al die diere wil afskeid neem en die fee verhaal karakters gaan die partytjie hou. Gerda huppel van blydskap en is so opgewonde. “ Ja, ja natuurlik sal ek kom want ek wil nie huis toe gaan as ek nie vir almal gegroet het nie. Ek sal ook my mooi rokkie aantrek wat my ma vir my gekoop het op die dorp.” skree Gerda agter die voeltjie aan. Vroeg die aand gaan Gerda bad en sy wil nie juis eet nie, want sy weet sy gaan na ‘n partytjie toe. Haar ouers wil nog sit en gesels maar Gerda se ̂ sy is moeg en wil graag gaan slaap. By die venster roep sy vir die vuurvliegie en vra hom om haar liggie te wees by die partytjie. Hy besluit om al sy vriende te nooi en ook sy familie. Toe Gerda 12 uur uit die huis sluip is daar duisende vuurvliegies om haar die pad te wys. Met Ewert in haar arms stap sy stadig af na die kraal , waar die karakters woon in feetjieland. Toe sy naby kom hoor sy stemme en musiek. Haastig loop sy na die ingang en trek die tou. Die muur gaan oop en sy stap in. Daar is die mooiste blomme en die tafels is pragtig gedek. Feetjies vlieg orals rond en al die karakters van fee verhale is daar bymekaar. Ewe skielik staan Enrico die wolf voor haar en neem haar hand. Hy lei haar na ‘n tafel wat bedek is met blomme. Ewert begin sommer dadelik te eet aan die leker kos Elke een kry ‘n beurt om vir Gerda te bedank vir haar hulp. Nadia die Kat en haar man Kerneels wys vir Gerda hulle katjies. Hulle gee vir haar ‘n soen op die wang en sing vir haar. Gerda geniet dit terdee. Die volgende is die fee karakters wat haar bedank vir die wyse waarop sy vir hulle gewys het dat daar ook goeie wolwe is. Hulle is ook bly dat Gerda graag fee verhale lees en ook vir ander kinders leer om dit te lees. Selfs die Jakkies is daar om haar te groet. Enrico die wolf is laaste en hy bedank haar vir haar liefde vir mens en dier. Deur haar het hy weer begin lewe. Die partytjie was so lekker en almal het saam gedans en gesing tot in die vroee oggend. Gerda het moeg huis toe gegaan , maar sy was so tevrede en gelukkig. Daardie laaste aand het sy vas geslaap en niks gedroom nie. Vroeg die volgende oggend het hulle in die motor geklim om huis toe te ry. Gerda het op die voorste stoep gestaan en uitgekyk oor die werf. Was alles ‘n droom, verbeelding of ‘n hunkering na fantasie. Sy weet self nie. Wat sy wel weet is dat dit die grootste avontuur van haar lewe was, al was dit net ‘n droom. By die eerste hek hardloop sy en maak dit oop. Die laaste hek sluit sy vir die vee en net toe sy wil in die motor klim kyk sy na die heuwel. Verbeel sy haar of staan daar ‘n wolf met ‘n eend op sy rug. By sy voete sit twee katte en klein katjies hardloop rond en om hom vlieg duisende vuurvliegies. Sy kan haar oe ̈ nie glo nie. Hierdie beeld sal sy saam met haar neem as sy twyfel aan haar week op die plaas.

No comments:

Post a Comment