Thursday, June 10, 2010

Part twee sonder foute

Haar pa wat haar elke dag skool toe neem het geduldig in die motor gewag. In die motor het sy soos sy daagliks doen, die Radio Stasie verander totdat sy tevrede was met die stasie. Sy was opsoek na haar stasie wat haar gunstelling liedjies speel wat sy en haar maats graag na luister. Haar Pa wou graag nuus luister, maar hy was nou so vererg dat hy die Radio afgesit het. Gerda was so teleurgesteld, en by die skool het sy vinnig uitgeklim, die deur toegeslaan en in die skool se terrein in gegaan. Haar pa het uitgeklim en haar tas geduldig agter haar aan gedra. Voor haar Pa gery het, het Gerda terug gehardloop en haar Pa gesoen en ‘n drukkie gegee. Gerda het in die skool ingestap en verbaas gesien dat almal in gewone klere was. Sy was die enigste een in skool klere. Gerda sien haar maats en stap vinnig na hulle toe en vra dadelik waarom hulle nie skool klere aan het nie. Sy het nie eers ‘n antwoord gekry nie toe lui die klokkie. Gerda, wat nou baie hartseer was, gaan sit in die kleedkamer en begin huil. Haar juffrou wat haar gemis het in die klaskamer het na haar gaan soek. Susan en Marie, Gerda se vriendinne, het vir juffrou gese ̂ dat sy dalk in die kleedkamer is. Juffrou het moeite gedoen om self na haar te kom soek en Gerda op die vloer gevind aan die slaap. Sy het van al die huil so moeg geraak en aan die slaap geraak. Die juffrou het haar getroos en nadat sy beter gevoel het en haar gesig gewas het, het Gerda saam met haar juffrou klaskamer toe gestap. Wiskunde was eerste aan die beurt en Gerda wat baie lief was vir Wiskunde en het dit geniet. Nadat die juffrou uitgevind het wat die probleem was met Gerda, het sy haar voor pouse na die klere bank gestuur om vir haar gewone klere uit te soek en aan te trek. Toe pouse aanbreek het Gerda vinnig haar toebroodjies gee ̈et en tot haar verbasing gesien die kinders het nou swem klere aan. Nou was dit te veel vir Gerda, want alles loop verkeerd vir haar vandag. Hoe kon sy vergeet dat dit vandag waterspele dag is en sy is mal oor water. Dit kon net nie met haar gebeur nie, maar kom wat wil sy gaan deelneem al is dit in haar klere. Nadat hulle geswem het, het almal weer hulle klere aan getrek en klas toe gegaan. Gerda wat nie warm klere gehad het nie het maar so koud in haar skool klere gesit. Voordat hulle huis toe gegaan het, het juffrou hulle ingelig oor die datum vir die skool om weer te begin asook hier en daar navorsing werk vir die vakansie.

No comments:

Post a Comment