Thursday, June 10, 2010

Part vyf

die diere juig. Gerda het op gehardloop na haar oom en hom ‘n drukkie gegee en vinnig binne in die huis gegaan. Dadelik merk sy op dat die huis skoon uitgeverf is. Hulle begasie is deur die plaas werker, Danster, uit die motor gehaal en is in die huis ingedra. In Gerda se kamer was ‘n wonderlike verassing, die werpsel katjies van Ogies die kat wat haar oom gekry het die laate vankansie. “Daardie katjies is almal joune. Jy moet hulle mooi oppas, want jy het my oorreed om Ogies te hou. Jy speel nie net met hulle nie maar help my om na hulle te kyk todat hulle groot genoeg is om weg te gee. Daar is al heelwat boere wat een wil he ̂ vir die muise op hulle plaas. As jy klaar uitgepak het kan jy na die bosse en kraal gaan om die diere te groet” se ̂ oom Koos. Gerda pak vinnig uit, maak haar hare vas, want sy hardloop in die wind. Sy ken die pad al so goed veral die een na die watergat en besluit om haar boetie saam te vat. Miskien is daar nuwe eendjies of gansies en hy sal dit so geniet. Die geel blommetjies was oortrek van alle kleure skoenlappers. Gerda neem altyd ‘n sonhoed saam en ‘n net as sy iets wil vang. Vandag wil sy egter nie die skoenlappers jaag nie, want vandag wil sy vir haar boetie al die diere wys. Jan het nie sy skoene aangetrek voordat hulle begin stap het nie, daarom moes Gerda hom dra want daar was duisende dorings langs die pad. By die kraal merk sy op dat daar nie diere is nie. Nie eers een klein kuiken nie en sy was bekkommerd. “Waar is al die klein diertjies” vra sy angstig vir Piet, “ Nee klein miesies almal le ̂ by die nuwe dammetjie wat in die koelte gebou is, Dit is ‘n hele ent se loop en ek weet nie of die kleinbaas sal kan saam gaan nie” antwoord Piet. Gerda besef sy sal vir Jan moet huistoe neem en terug kom. Sy tel hom op haar rug en stap terug huis toe. By die huis verduidelik sy aan haar ma waar die dammetjie nou is en sy wil terug gaan. Sy mag gaan as sy haar hoed op sit en water saam vat. Vinnig hardloop sy terug want sy is so nuuskierig om die nuwe dammetjie te sien. Oppad na die dam sien sy iets beweeg in die bos, Gerda staan doodstil en kyk stiptelik na die bos. Weer is daar ‘n beweging en Gerda tel ‘n stok op. As daar nou een ding is wat haar bang maak is dit ‘n slang en na die ree ̈n is daar gewoonlik baie slange. Sy moes eintlik vir Reus, die groot Boer Boel saam geneem het, maar sy was te haastig. Gerda stap stadig nader na die bos en roer met die stok in die bos. Uit die bos het ‘n klein swak eendjie gekom.

No comments:

Post a Comment