Tuesday, March 17, 2009

Die ses dansers

Een somers oggend, terwyl die dou wit op die gras le, was ses wonderlike dogtertjies gebore. Hulle ma het hulle van kleins af geleer dans. Net 'n maand na die jongste dogter se sesde verjaarsdag het hulle, hulle ma af gestaan aan die dood. Sy het 'n ongeluk op verhoog gehad terwyl sy gedans het. Die ses meisies se pa was baie ontsteld en wou nie meer gehad het dat sy dogters moet dans nie. Die oudste dogter het veertien jaar daarna getrou.

Haar pa het skoon vergeet van sy belofte om sy dogters te belet om te dans. Hulle het gedans op die troue en almal het hulle talent gesien. Hy het hulle in 'n dans kompetisie ingeskryf. Hulle het dit gewen en Pa het besluit om in nog 'n kompetisie in te skryf. Hulle het dit ook gewen. Dit het nie op gehou nie. Pa het hulle weekliks aan kompetisies laat deelneem. Hulle was baie ryker, nie net aan troffees nie maar ook aan nuwe danse, na elke week. Pa het later heeltemal vergeet van sy groot hartseer en weer sy dogters se groot vreugde in die dans kompetisies gedeel.

Die land naby hulle was regeer deur 'n nare hartelose koning. Hy het gehoor van die meisies se groot sukses in die dans kompetiesies. Hy het besluit om ook 'n dans kompetiesie te hou. Dit het vinnig versprei. Die ses meisies, Polly, Jasmine, Carmen, Sasha, Leksie en Roxy, het dit uitgevind. Hulle het hulle Pa vertel dat hulle wou deelneem.

Pa was natuurlik nie ten gunste van die dogters se seelname aan die kompetisie nie. Na 'n lang getwis het Pa baie onwillig ingestem. Die dogters was oorstelp van vreugde.

Die nare koning het geweet van die ses dansers se sukses. Oor hy wou net altyd wen het hy besluit om 'n baie populere danseres te kry. Die danseres het vinnig ingestem. Sy het na die koning se land gekom om daar te oefen. Die nare koning was baie gelukkig, en het 'n groot ateljee voorberei vir die danserres om in te oefen.

Die dogters het soos gewoonlik ook geoefen vir die dans kompetiesie. Die ses meisies het met elke kompetiesie nader aan mekaar gekom. Hulle het meer van mekaar geleer. Die keer het die oudste dogter begin snaaks optree. Sy was vreeslik moeg met elke oefensessie. Die ander vyf susters het begin bekommerd raak. Drie dae voor die kompetiesie het hulle groot nuus uitgevind. Die oudste suster het skielik die vorige dag inmekaar gestort. Na 'n besoek by die dokter het hulle uitgevind dat sy 'n babatjie gaan he.

Die ander vyf meisies het besef dat sy nie meer aan die kompetiesie sal kan deel neem nie. Hulle was baie ontsteld, maar het besluit om voort te gaan met die kompetiesie. Hulle sou nou moes harder oefen. Maar met groot liefde en ywer het hulle aan gebeur.

Hulle was baie bly oor die nuus van hulle suster. Hulle het besluit om as hulle die kompetiesie wen die troffee aan hulle suster se kind te gee.

Hulle het geweet dat die kompetiesie baie straf gaan wees. Hulle het net bly glo. Die aand het die nare koning ingekom en baie vol vertroue die kompetiesie saal binnegestap. Die kompetiesie was baie erg. Daar was so baie deelnemers en hulle was so goed. Die kompeiesie het baie uitputtend voort gegaan.

Daardie aand het die vyf susters, na baie uitputting tog die kompetiesie gewen. Die nare koning se danseres het gegaan om hulle geluk te wens. Nadat sy gehoor het wat hulle gaan doen met hulle troffee het sy tot die besuit gekom. Dat 'n mens sal enige iets reg kry met liefde. Die susters se liefde vir mekaar het gesorg vir hulle gtoot sukses.

No comments:

Post a Comment