Wednesday, March 11, 2009

Piet se lewensverhaal

Eendag lank gelede was daar 'n Piet-my-vrou wyfie. Sy het tien eiers gele. Een oggend terwyl Ma kos gaan soek, val een van die eiers uit die nes. Gelukkig is daar 'n duif se nes onder haar nes en die eier val daarin. Mamma duif was verbaas om ses eiertjies in haar nes te ontdek. Terwyl die dou wit op die gras was een more, begin een van die eiers te kraak. Die ander volg kort daarna. Die een eier het oopgebreek en begin dadelik Piet-my-vrou te fluit. Mamma duif het besluit om hom Piet te noem. Vyf jaar daarna was Piet 'n mooi en kleurvolle voel.

Die voels het elke jaar 'n fluit kompetisie gehou en Piet het ook deelgeneem. Hy het so mooi gefluit dat hy die eerste plek in die kompetisie behaal het. Hy het die eerste voelster geword(idol). Een wintersoggend terwyl die duiwe trek na 'n warmer land, ontmoet Piet 'n pragtige meisie duif. Hulle het dadelik verlief geraak. Die meisie was ook 'n bekende voelster. Haar naam was Bernice. Hulle het ook baie goeie vriende geword. Die twee het so baie van mekaar gehou dat hulle besluit om te trou, sodat hulle lewenslank by mekaar kan wees.

Bernice het kort daarna tien eiers gekry. Na die somer het Bernice baie siek geword en in die winter gesterf. Die bedroefde maat wat agter gebly het moes die kuikens alleen grootmaak.

Eendag terwyl Piet en sy kinders speel, gryp iemand hom van agter af en prop hom in 'n hok. Hy gil en skree maar niemand verstaan hom nie. Na 'n rukkie is hy moeg en pootuit. Hy kon nie eers 'n vlerk lig nie. Piet kyk weer rond en sien 'n dogtertjie. Haar naam was Sasha. Elke oggend het sy voor hom gesit en met hom gepraat. Hy het elke dag meer en meer van haar gehou. Een dag terwyl sit en dagdroom skrik hy wkker deur 'n deskreeu van 'n meisie. Hy sien dat Sasha voor 'n trok le. Haar Ma en Pa het dadelik die ambulans ontbied.

Na 'n paar maande hou 'n motor voor die huis stil en Sasha se pa help haar uit en sit haar in 'n rolstoel. Piet se hart was seer nadat hy uitgevind het dat Sasha nie meer kan lag nie. Piet het alles probeer maar Sasha wou nie lag nie. Sy sou tien word, binnekort. Haar Pa het 'n partytjie vir haar gereel. Hy het ook 'n nar gehuur. Uiteindelik het Sasha se groot dag aangebreek. Die nar het daar aangekom en almal was opgewonde.

Die nar het al sy toertjies gedoen, hy het borde bebalanseer, in 'n klein speelkar geklim en vreemde toertjies gedoen. Sasha wou net nie lag nie. Die nar gaan sit toe voor haar en begin bitterlik huil. Sasha begin eweskielik hardop te lag. Almal kyk toe verstom na Sasha en vra; "Hoekom lag jy nou ?" Sasha ae antwoord was:"Ek het nog nooit 'n nar sien huil nie." Uit blydskap het Sasha besluit om Piet vry te laat.

Drie jaar later, nadat Piet al sy kinders gevind het, stap hy in die nuwe voelpark rond. 'n Soet suiwer Piet-my-vrou geluid tref hom skielik. Hy besef meteens dat dit vir hom bekend klink. Hy stap na die gefluit en met blydskap word hy omhels deur sy Ma. Hy vertel gou vir haar sy lewensverhaal, van hoe hy groot gemaak is deur 'n duif. Sy omhels hom en weet dadelik dat hy haar lank verlore eiertjie is.

Hy is nou 'n volgroeide mannetjies voel en sy ma het tien kleinkinders. Haar kleinkinders is dalk so effe anders, maar die Piet-my-vrou bloed is tog daar want hulle almal fluit net so mooi soos pappa. Dit is nou maar waar, al val jy uit 'n nes uit en land in 'n vreemde een met 'n ander gesin, sal jy wel eendag jou regte ma weer vind.

No comments:

Post a Comment