Thursday, March 12, 2009

Die Indiese Christen

Lank gelede was daar 'n indiese paartjie. Hulle het 'n pragtige kind gehad. Sy naam was Jafar. Hy het nie gesien hoekom hy in Boeda of Ra moes glo nie! Hy het altyd sy hoedjie afgegooi in die winkels as iemand oor Boeda of Ra praat. Sy ma het altyd met hom geraas as hy dit doen maar hy wou nie luister nie . Hulle was naderand moedeloos . In daardie dae, was kinders nie verplig om skool toe te gaan nie. Hy het altyd in 'n parkie gesit en die voels kos gegee. Eendag terwyl Jafar sit en die voels voer, kom sit 'n baie lang man , met 'n wit hemp, langs hom. Hy was besig om 'n dik boek te lees. Jafar het die man gevra wat is die boek se naam. Die man het Jafar baie snaaks aangekyk en geantwoord: die Bybel. Die seun het die laaste paar krummels op die grond gegooi en toe kom al die voels op een slag na die krummels gevlieg. Die man het net so geskrik vir die voels dat hy die Bybel neergegooi en weggehardloop. Jafar het die Bybel huistoe geneem. Hy het dit weggesteek van sy ma en pa. Hulle het die aand rondom 'n tafel sit en eet. Jafar het sy pa gevra wat die Bybel is. Sy pa het byna verstik soos hy probeer hardloop. Jafar se pa en ma het altwee in die hoek gaan staan. Jafar se ma het gese ons moet hom maar vertel. Sy pa het gese dit is 'n baie slegte boek. Hulle het baie ander haatlike en slegte goed gese van die Bybel. Hy het die hele aand gesit en lees aan die Bybel. Sy ma en pa was baie bekommerd oor hom. Hy het die hele week in sy kamer gesit en lees. Wat hulle nie geweet het nie , is dat Jafar die hele week die Bybel sit en lees. Na 'n week het hy terug na die parkie gegaan. Hy het die lang man weer gesien en en vir hom die Bybel terug gegee. Hy het met hom sit en praat oor die Bybel vir 3 hele ure. Die man het gesien hoe baie hy in die Bybel belang stel. Hy het sy hand in sy sak gesit en 'n beeldjie uit gehaal van 'n vrou met 'n baba in haar hand. Hy het aan hom verduidelik dat dit Maria, Jesus se ma is. Jafar was baie dankbaar en het huis toe gestap. Hy het die beeldjie onder sy bed weg gesteek. Die volgende dag is hy terug parkie toe, besig om te soek vir die lang man. Hy wou hom vra vir nog 'n Bybel wat hy kon leen. By die huis was sy ma besig om die kamer skoon te maak. Sy het af gebuik om die krummels op te tel. Sy het iets sien blink. Sy het dit uit gehaal toe sien sy dit is 'n beeldjie van Maria met Jesus. Sy het dit laat val en op die kombuiskas gaan sit met 'n besem en vir Boeda en Ra aanbid. So 15:30 toe Jafar by die huis kom begin sy ma met hom raas. Hy het gese hy weet nie waarvan sy praat nie. Sy het die beeldjie gaan haal en dit voor hom neer gegooi. Jafar se pa was baie ontsteld toe hy dit hoor. Hy het 'n hammer gevat en die beeldjie in stukkies gebreek. Jafar het huilend uit gehardloop en in die parkie gaan sit. Sy ma en pa kon hom nie kry nie. Hy het in die laatnag 'n tassie gaan pak en weg geloop. Jafar het gehoor van hierdie mooi plekie wt baie Bybels het. Hy het die hele nag geloop. Vroeg die oggend het hy daar uit gekom. Hy het amper almal gevra waar hy 'n Bybel kon kry. Almal het hom dieslefde antwoord gegee. Hy het by elke winkel gekyk. Maar nerens was daar 'n Bybel nie. Hy het by die laaste winkel gekom. Toe hy begin moed verloor. Maar hy moes net prober. Gelukkig het hulle 'n Bybel gehad maar net een. Die laaste een. Hy het dit so vinnag as moontlik gegryp. Maar hy het vergeet dat hy nie geld het nie. Die man agter hom het gese: "ek sal betaal." Jafar was baie bly. Hy het die man in soveel maniere bedank. Jafar het 'n houer gekry en daarin geslaap vir die aand. Hy het sterk in God geglo. Jafar het geglo dat God hom sal help. Die man wat Jafar in die winkel gesien het, het Jafar gesien in die houer en hom gevra hoekom is hy nie by sy huis nie? Jafar het hom die hele storie vertel. Die man het Jafar slaapplek geoffer maar Jafar moes belowe dat hy die volgende oggend terug huis toe sal gaan na sy ma en pa. Jafar het belowe hy sal. Die volgende dag het Jafar sy sak gevat en geloop. Die man het vir Jafar padkos gegee. Jafar het die middag by die huis gekom. Sy ouers het hom omhels maar sy ma het ook met hom geraas. Hulle het gese hulle sal hom ondersteun en hulle sal ook probeer om in God te glo. Jafar het die hele Bybel oor geskryf en dit verkoop aan mense. Hy het nie geweet dat hy toegesluit kan word nie want dir is teen hulle geloof. Nadat die president uitgevind het van die Bybel en wie dit verkoop het hulle vir Jafar toegesluit. Hy was in die tronk vir 4 jaar. Toe Jafar se ma en pa genoeg geld gekry het om Jafar te laat uit kom het die hof besluit hy mag maar gaan. Hy het na die president se kantoor toe gestap om sy lewens verhaal te vertel. Die president het agter gekom dat God eintlik ons Skepper is en dat hy ons gemaak het. Hy het dit vir die hele stad vertel sodat almal van God kan weet. Hy het ook vir Jafar die sleutel van die stad gegee!

No comments:

Post a Comment