Thursday, March 12, 2009

Wat ek van myself dink en wat ander van my dink.

Ek is intelligent, mooi en het 'n groot brein kapasiteit, so ek leer hard en onthou baie goed en lees baie. Baie van die meisies wat ek ken hou nie van my nie, maar ek gee nie veel om nie. Omdat ek graag 'n fisioterapeut wil word dink ek dat ek 'n lelike handskrif moet he. Die rede hiervoor is omdat 'n fisio amper 'n dokter is. Ek hou van sport en probeer baie aktief te wees. Ek het 'n wye verbeelding en daarom kan ek myself ure lank alleen besig hou. Ek is baie lief vir diere en het ook 'n sterk Godsdienstige geloof. Oor ek so 'n groot verbeelding het, is ek mal oor "Harry Potter" stories. Ek het ook 'n wye algemene kennis

My maats dink ek is ouluk, help graag ander, mal, tog slim, mooi en interessant om mee te praat en ook talentvol. My Mom se ek is haar As gat, slim, volwasse en ek kan by enige situasie aanpas en baie kreatief. Oupa se ek is alles en nog meer. Hy noem my sy Flooi. Ouma se ek is haar "Star". So nou het julle 'n effense idee wie ek is. Besluit nou self of julle van my hou en hou aan lees.

No comments:

Post a Comment