Thursday, June 10, 2010

P.S as daar enige foute is laat my net weet deur 'n comment te los asb. Dankie

My storie!!!!!!

Hier is my hele storie. Dit is sevemtien bladsye lank. Dit moes agtien wees met die prente, maar ek kon hulle nie op kry nie. Ek hoop jy vertel vir almal wat jy ken van my storie en my blog want my afr juf het gese sy gaan die storie ingee (Ek dink nie sy sal dit doen nie, maar ons kan sien wat gebeur.)So lees die storie en gaan op 'n avontuur. Die' storie is die rede hoekom ek nie op my blog was vir twee maande nie!!

Part seventien

lank in die donker gesit en staar na die sterre wat blinkend geskyn het. Sy het met die vuurvliegie gesels en al die sterre vir hom gewys. Hy het altyd gedink hy was een van die sterre wat geval het, maar nou dat Gerda vir hom alles vertel van die groot sterre voel hy maar baie klein. Gerda verduidelik aan hom al is sy liggie klein kan hy nog vir iemand skyn. Later stap hulle terug huis toe en toe Gerda haar kamer lig af skakel sien sy ‘n klein liggie by haar venster. Die vuurvliegie het op die vensterbank gaan le ̂ en sy liggie geskyn vir Gerda. Die dag voor Gerda huis toe gaan , kom ‘n voeltjie met ‘n briefie by die plaas huis aan. Hy gaan sit in ‘n boom en wag tot Gerda uit die huis kom. Toe sy uitkom vlieg hy na haar toe en laat val die briefie voor haar voete neer. In die briefie is daar ‘n uitnodiging na ‘n middernagtelike partytjie en Gerda is eregas. Al die diere wil afskeid neem en die fee verhaal karakters gaan die partytjie hou. Gerda huppel van blydskap en is so opgewonde. “ Ja, ja natuurlik sal ek kom want ek wil nie huis toe gaan as ek nie vir almal gegroet het nie. Ek sal ook my mooi rokkie aantrek wat my ma vir my gekoop het op die dorp.” skree Gerda agter die voeltjie aan. Vroeg die aand gaan Gerda bad en sy wil nie juis eet nie, want sy weet sy gaan na ‘n partytjie toe. Haar ouers wil nog sit en gesels maar Gerda se ̂ sy is moeg en wil graag gaan slaap. By die venster roep sy vir die vuurvliegie en vra hom om haar liggie te wees by die partytjie. Hy besluit om al sy vriende te nooi en ook sy familie. Toe Gerda 12 uur uit die huis sluip is daar duisende vuurvliegies om haar die pad te wys. Met Ewert in haar arms stap sy stadig af na die kraal , waar die karakters woon in feetjieland. Toe sy naby kom hoor sy stemme en musiek. Haastig loop sy na die ingang en trek die tou. Die muur gaan oop en sy stap in. Daar is die mooiste blomme en die tafels is pragtig gedek. Feetjies vlieg orals rond en al die karakters van fee verhale is daar bymekaar. Ewe skielik staan Enrico die wolf voor haar en neem haar hand. Hy lei haar na ‘n tafel wat bedek is met blomme. Ewert begin sommer dadelik te eet aan die leker kos Elke een kry ‘n beurt om vir Gerda te bedank vir haar hulp. Nadia die Kat en haar man Kerneels wys vir Gerda hulle katjies. Hulle gee vir haar ‘n soen op die wang en sing vir haar. Gerda geniet dit terdee. Die volgende is die fee karakters wat haar bedank vir die wyse waarop sy vir hulle gewys het dat daar ook goeie wolwe is. Hulle is ook bly dat Gerda graag fee verhale lees en ook vir ander kinders leer om dit te lees. Selfs die Jakkies is daar om haar te groet. Enrico die wolf is laaste en hy bedank haar vir haar liefde vir mens en dier. Deur haar het hy weer begin lewe. Die partytjie was so lekker en almal het saam gedans en gesing tot in die vroee oggend. Gerda het moeg huis toe gegaan , maar sy was so tevrede en gelukkig. Daardie laaste aand het sy vas geslaap en niks gedroom nie. Vroeg die volgende oggend het hulle in die motor geklim om huis toe te ry. Gerda het op die voorste stoep gestaan en uitgekyk oor die werf. Was alles ‘n droom, verbeelding of ‘n hunkering na fantasie. Sy weet self nie. Wat sy wel weet is dat dit die grootste avontuur van haar lewe was, al was dit net ‘n droom. By die eerste hek hardloop sy en maak dit oop. Die laaste hek sluit sy vir die vee en net toe sy wil in die motor klim kyk sy na die heuwel. Verbeel sy haar of staan daar ‘n wolf met ‘n eend op sy rug. By sy voete sit twee katte en klein katjies hardloop rond en om hom vlieg duisende vuurvliegies. Sy kan haar oe ̈ nie glo nie. Hierdie beeld sal sy saam met haar neem as sy twyfel aan haar week op die plaas.

Part sestien

Die volgende oggend vroeg gaan die twee mans dorp toe. Hulle wil uitvind of daar na ‘n kind gesoek word. Niemand kan hulle help nie, en hulle keer terug sonder antwoorde. Sipwe speel alte lekker met Gerda en haar boetie en die volk op die plaas. Hy lyk so gelukkig, maar in die aand raak hy hartseer en huil bitterlik. Gerda wil weet wat is fout en hy verduidelik dat hy na sy sussie verlang en bang is sy kry seer. As hy maar net kan uitvind waar sy ma werk en sy sal dadlik terug kom om hom te kom haal. Die Sondag by die kerk praat die boere oor ‘n seun wat deur ‘n leeu opgevreet is. Sy oom vertel vir almal wat wil luister hoe sy sister se kind weggedwaal het, en is deur ‘n leeu opgevreet. Oom Koos staan nader en vra hoe oud die kind was en die boere antwoord so 8 of 9 jaar. Nou weet hy dat hulle praat van Sipwe. Hy vra weer of die ma van haar kind se dood weet en hulle se ja , sy sal die volgende dag terug kom van die dorp waar sy werk vir die begrafnis. Oom Koos verskoon hom van die geselskap en haas hom na die bakkie. By die plaas bespreek hulle die saak en besluit om te wag tot die moeder die volgende dag kom. Sipwe weet van niks en hy geniet Gerda en haar Boetie se spelery op die plaas, Gerda lees in die aand vir altwee van die fee verhale en al die goeie en slegte karakters. Al verstaan Sipwe nie juis iets nie weet hy dat Gerda hom insluit by haar stories. Die volgende dag gaan Oom Koos weer dorp toe en wag in sy bakkie by die aflaai plek van die treine. Hy hoop om Sipwe se ma te sien en haar te vertel dat haar seun by hom op die plaas is. Net na 10 uur die oggend kom daar ‘n trein aan van Johannesburg. Dadelik erken hy Sipwe se ma, want sy klim huilend en droewig uit die trein. Haar familie groet haar en Oom Koos hoor dat hulle vir haar se ̂ dat Sipwe se liggaam kan nie gevind word nie. Die leeus het hom so verskeur en weggedra. Nou is sy nog meer hartseer en huil hardop. Haar kind was so jonk en hy was nog slim ook. Sy het hard gewerk op die dorp en gereeld geld gestuur om hom op die skool te hou. Sipwe se oom kyk net anderkant toe en hy se ̂ nie veel nie. Oom Koos vind uit waar die plaas is en hy ken die boere daar. Laat middag ry hy en Gerda se pa na die plaas toe om te gaan kuier. Die boer is so ontsteld en vertel hulle dat een van sy werkers se kinder ook opgevreet is deur ‘n leeu en hy was nog so jonk. Die boer het nie eers geweet daar is mensvretende leeus op sy plaas nie en hy gaan die volgende dag met sy seuns die leeu soek. Oom Koos vertel hom die waarheid en hy is so bly. Hulle roep vir Siena, Sipwe se ma en vat haar saam na oom Koos se plaas. Toe sy haar seun sien was sy so verheug en het hom styf vas gedruk. Sipwe het haar alles vertel hoe sy oom hom slaan en wil verkoop. Die boer het besluit om die oom weg te jaag en hy het Sipwe en sy ma op die plaas gehou. Gerda was so bly want ‘n leeu sou boet met sy lewe omdat ‘n mens te gulsig was. Ook het Gerda deur haar verhouding met haar boetie Sipwe se lewe gered. Gerda het nog net 2 dae oor op die plaas en sy wil nog so baie doen. Daardie aand gaan Gerda uit op die werf en soek vuurvliegies, want sy wou nie eet nie. Haar oom het geslag en Gerda kan nie die vleis eet nie. Stadig loop sy na die blaar waar ‘n vuurvliegies sit. Sy vang die vuurvliegie en sit hom in ‘n bottel. Hy is so kwaad en spring op en af en elke keer skyn sy lig al helder. Gerda begin met hom praat en vra wat sy naam is. “My naam is klokkie en ek is nou baie kwaad. Haal my dadelik uit die bottel uit en laat my weg vlieg” antwoord hy kwaad. Gerda lag te lekker want elke keer as hy kwaad word flikker sy liggie. Nou terg Gerda hom juis en hy word al kwater. Hy is so klein maar sy liggie skyn helder soos ‘n lantern. “Kan ons nie maats wees en met mekaar speel nie?” vra Gerda. “Ja as ek los gelaat word om in die natuur te skyn sal ek jou vriend wees” Se ̂ die vuurvliegie. Gerda maak die bottel oop en hy vlieg uit. Hy wil eers vererg weg vlieg , maar hy onthou toe sy belofte aan haar. Klokkie kom terug en gaan sit op haar skoot. Hy vra haar of sy ‘n liggie nodig het om in die donker te loop. Gerda het ‘n spesiale plek waar sy graag sit, maar nou is dit te donker. Sy vra of Klokkie saam met haar sal loop na die krans waar sy altyd sit en kyk na die sterre. Klokkie stem in en hulle loop na die krans met hom voor wat die pad aandui. Gerda het

Part vyftien

sy taal dat hy is besig om te vlug. Sy ma is op ‘n dorp ver van die plaas, want sy werk daar om geld te stuur elke maand vir hom en sy sussie. Hy en sy sussie het by sy ouma gewoon, maar sy ouma is nou dood. Sy oom het sy ma belowe hulle kan daar bly en hy sal na hulle kyk. Gisteraand het daar baie mense om die vuur gesit en gesels. Hy en sy sussie het skoon gemaak en was net van plan om te gaan slaap, toe hy hoor dat sy oom vir hom gaan verkoop as ‘n slaaf om te werk op ‘n wildsplaas. Hy het bang geword en geweet dat hy nie weer sy sussie en sy ma sal sien nie. Vroegdag het hy wegeloop en dorp toe gegaan. As hy maar net met sy ma kan praat en haar vertel wat sy oom wil doen. Op die dorp het hy gesien hoe Gerda haar boetie optel en dra en hy het geweet as hy kan saam ry sal Gerda hom help. Oom Koos vra hom sy naam en hy antwoord dapper “Sipwe en dit beteken vegter” Oom Koos vra Gerda om vir hom iets te gee om te eet en te drink. Hy is so honger dat hy al die toebroodjies vinnig opeet en ook die koffie weg slurp. Nou sit hy rustig in die koelte en wag om te sien wat gaan gebeur. Binne in die huis verduidelik oom Koos dat daar die afgelope tyd baie kinders verkoop word en dan sien hulle nie weer hulle familie nie. Sipwe gaan seker nie na ‘n ander plaas toe nie, maar word oor die grens geneem na ‘n ander land om daar te werk. Hy weet ook dat Sipwe natuurlik bekommerd is oor sy sussie wat agter gelaat is en hy voel dit is sy verantwoordelikheid om na haar om te sien terwyl hulle ma weg is. Hy is self nog ‘n kind en skaars 9 jaar oud. Daar is mense wat hom sal uitbuit en gebruik vir harde arbeid. Vir eers besluit die groot mense om stil te bly en hom daar te hou. Die volgende dag sal hulle verdere ondersoek doen en vasstel waar die plaas is. Oom Koos se ̂ Gerda moet hom water gee om te was ,asook na die kraal neem om daar te slaap. By die kraal sal hy tuis voel, want hulle kan met hom praat. Gerda neem hom kraal toe en hy voel so veilig by haar dat hy haar hand vat en saam stap.

Part veertien

Sneeuweidjie. Ewert stem in om haar te neem na die stal met die ingang na feetjieland. Vandag is die vierde dag van haar vakansie en sy wil bitter graag in haar fantasie karakters se we ̂reld wees. Na ete gaan sy saam met Ewert en gou is hulle by die ingang. Daar sit van die karakters en is half bang en ongemaklik. Sy vra hulle wat makeer en hulle se ̂ daar loop ‘n wolf elke dag daar rond en hulle is bang. Gerda se ̂ sy sal wag hou en as hy kom hulle laat weet. Na sowat ‘n uur hoor sy voetstappe en ‘n gegrom. Al die goeie karakters gaan skuil in hulle huise. Die drie varkies veral is baie bang hulle gaan hulle huise verloor en Rooikappie huil want haar ouma is alreeds opgee ̈et. Stadig beweeg Gerda na die ingang en loer uit. Voor haar is ‘n groot grys wolf. Maar hy lyk bekend. Opgewonde skree Gerda vir hom en roep hom op sy naam. Enrico die wolf draai vinnig om en kyk na Gerda. Hy hardloop na haar en omhels haar. Hy is so bly om haar te sien en hy het so verlang na haar. Ewert die eendjie spring op sy rug en lag hardop. Hulle altwee vra hom of hy nou ten volle genees is, en die wolf antwoord ja met ‘n laggende stem. Nie een van die karakters waag dit om uit te kom nie, want hulle ken wolwe en weet hoe wreed hulle kan wees. Gerda bring hom in en verduidelik dat hy ‘n goeie wolf is wat niemand sal seer maak nie. Een vir een kom hulle uit die huis uit en beweeg nader aan die wolf. Nou wil almal weet waar Gerda hom ontmoet het en vriende gemaak het. Gerda vertel hulle van die Jakkies en die geveg en ook van die feetjie wat vir haar gese ̂ het die wolf sal lewe. Sy se ̂ Enrico het haar lewe gered en sy het hom versorg. Verbasend wil die karakters weet of wolwe en goeie karakters kan saam leef. “Ja hulle kan, maar nie almal nie. Daar is tog wolwe en Jakkalse wat net wil vernietig en seermaak, maar ek is ‘n vriend van die mens en die karakters”’ antwoord die wolf. Almal was verlig om nou te weet die wolf wat elke dag so soekend rond geloop het, is ‘n goeie wolf.
Op daardie oomblik kom Aspoestertjie en Sneeuweidjie uit hulle huisies, Gerda is so oorbluf om hulle te sien dat sy geen woord kan uit kry nie. Hulle se ̂ vir Gerda dat sy het so goeie dade gedoen in feetjie land en almal is bly dat daar nie net slegte verhale is nie. Almal het saam gee ̈et , gedans en gesels tot laat in die agtermiddag. Wolf het saam met Gerda en Ewert gestap tot naby haar huis en totsiens gese ̂. Hy sal haar nooit vergeet nie en eendag as sy weer kom sal hy vir haar wag. Gerda het daardie aand so rustig geslaap en sy was so bly almal was Gelukkig, maar sy het weer nie gedroom nie. Vroeg die volgende dag besluit haar Ma en Pa om dorp toe te gaan. Gerda wou bitter graag saam gaan want sy was lanklaas op die dorp. Hulle ry met die bakkie en Gerda sit agter met haar boetie Jan. By die dorp gaan hulle eers by die meule aan om ‘n sak sout vir die beeste te koop en ook ‘n paar sakke voer vir die skape. Dit is ‘n warm dag en Ma koop vir hulle roomys. Nadat hulle al die inkopies gedoen het spring Gerda en haar boetie weer agter op die bakkie en hulle ry terug plaas toe. Naby die plaas hoor hulle iemand sug hard en kreun en steun. Gerda weet nie wat dit kan wees nie en sy kyk onder die seil. Verskrik sien sy ‘n klein seuntjie in die bakkie en hy le ̂ half onder die sak voer. “Wat maak jy hier in die bakkie en waar is jou ouers?” vra Gerda vir die seun. Hy kan nie antwoord nie want hy is te bang om iets te se ̂. Al wat hy uitkry is dat hy nie wil gaan nie. Gerda kan die vrees in sy oe ̈ sien en weet daar is iets verkeerd. Sy besluit om stil te bly totdat hulle by die plaas kom. Daar sal haar oom hom help, want hy verstaan die seun se volk se taal. By die plaas klim sy af en tel haar boetie af. Sy hardloop na die huis en roep haar oom. Die vreemde seuntjie spring van die bakkie af en gaan kruip weg in die waenhuis. Almal volg hom en Gerda sien hom onder die mielies le ̂ wat nog gemaal moet word. Oom Koos haal hom uit en hy besef dadelik dat daar groot fout is. Die kind se gesig is geswel en hy is die ene bewerasie. Saggies praat oom Koos met hom in sy taal. Die seun ontspan en beweeg nader aan oom Koos. Hy antwoord in

Part dertien

baie stadig. Ag was hy maar net weer by sy familie of kan hy net nog eenkeer vir Nadia, sy beeldskone vrou sien. Net toe die dwerg oor die heuwel verdwyn gaan Gerda en Ewert na die huis met die olie. Eers gooi hulle olie op die stoor kamer se dak en al langs die mure af. Al die dwerg se hout is daar in en hy wil dit juis more verkoop. Daarna gooi hulle olie op sy huis se dak en steek alles aan die brand. Die olie vat vinnig vlam en die vuur strek tot boontoe waar almal dit kan sien. In die woud het die dwerg net begin ontspan op die gras toe Kerneels sien sy huis en stoor is aan die brand. Hy skree hard vir die dwerg dat sy huis brand. Die dwerg wat nog steeds gierig is, se ̂ Kerneels moet nog aangaan met hout kap en bind hom vas aan ‘n boom. Hy spring blitsvinnig weg en hardloop na sy huis. Toe hy daar kom sien hy alles brand, sy stoor en huis. Hy probeer red wat hy kan maar omdat dit hout is brand dit baie vinnig. Nadia spring vinnig uit die bos en hardloop na Kerneels. “ Kerneels kom ek help jou om los te kom en dan hardloop ons huis toe.” Se ̂ sy anstig. Kerneels is so bly om haar te sien dat hy vir ‘n oomblik nie kan beweeg nie. Toe Nadia hom los maak gryp hy haar hand en hulle hardloop huis toe. Intussen het die dwerg probeer om iets te red, maar tevergeefs, alles het uitgebarand. Nou is die dwerg baie kwaad en loop terug na die plek waar hy Kerneels gelos het. Hy roep en roep maar kry geen antwoord nie en Kerneels se tou le ̂ op die grond. Die dwerg is so kwaad en gaan sit net daar op die grond en huil. Gerda en Ewert het huis toe gegaan en weereens besef Gerda dat as jy te gierig is kan jy alles verloor. Sy weet nie of sy weer vir Nadia en Kerneels sal sien nie, maar sy is so bly hulle is weer bymekaar. Daardie aand terwyl haar Pa vleis braai sit sy op die stoep en hoor die getjank van ‘n wolf, meskien net meskien is dit Enrico en hy is gesond. Later hoor sy katte miaau en haar oom Koos se ̂ die wilde katte loop weer rond. Hoe sal hy nou weet dat dit dalk Nadia en Kerneels kan wees. Op haar skoot le ̂ Ewert die eendjie rustig en slaap en hulle weet nie eers hy kan praat nie. Die volgende oggend besluit Gerda dat sy graag weer die feetjieland wil besoek. Sy wil bitter graag haar geliefkooste karakters ontmoet soos Aspoestertjie en

Part twaalf

Nadia klim uit die boom en Gerda en Ewert volg haar na die dwerg se huis. Hulle skuil in die bos net toe die dwerg uit kom met die kat en ‘n tou om sy nek. Die dwerg beveel die Kat om die hout te kap, terwyl hy rustig in die koelte sit en rus. Partykeer raak hy aan die slaap en dan sal die kat vinnig ‘n bietjie water drink en rus. Elke keer as die kat wil rus skree die dwerg dat hy moet vinniger werk sodat hy meer geld kan kry vir die hout. As die kat klaar is neem die dwerg hom huis toe om kos te maak. As hy klaar gee ̈et het gaan sit hy op die bankie op die stoep. Die kat moet die skottel goed was en dan eers kan hy gaan slaap in ‘n kamer waar hy toe gesluit word. Nadia huil nou so hard en bitterlik want om haar man so te sien werk vir ‘n wrede dwerg maak haar baie hartseer. Gerda vra saggies “Wat is jou man se naam?” En Nadia antwoord Kerneels en hy is ‘n baie goeie man en Pa vir sy kinders. Net daar besluit Gerda en Ewert om hom te help ontsnap sodat hy na sy familie kan terug keer. Eerstens moet hulle die dwerg straf omdat hy so gierig is en dit kan hulle alleenlik doen as hulle sy aardse besittings weg neem. Gerda wag net tot dat die dwerg weer gaan le ̂ op die gras om te slaap. Sy stap nader tot by die kat en praat met hom. Kerneels skrik so groot en vra wie sy is. “ Ek is Gerda en jou vrou het my gestuur om jou te help” Nou luister Kerneels aandagtig want hy mis sy vrou en kinders en hy wil weet of hulle veilig is. Gerda bevestig dat hulle almal veilig is, maar hulle verlang baie na hom. Kerneels se sy familie moet maar van hom vergeet want hy gaan nooit uit hierdie dwerg se kloue kom nie. Gerda verseker hom dat sy gaan hom help en hy gaan binnekort by sy familie wees. Net toe word die dwerg wakker en begin op die kat skree omdat hy nie werk nie. Gerda het vinnig in die bos verdwyn voor die dwerg haar sien. Terug by Nadia verseker sy haar dat sy gaan vir Kerneels help. Mo ̂re vroeg moet hulle bymekaar kom op dieselfde plek en Gerda sal haar inlig oor haar planne. Daardie aand is Nadia so opgewonde en vol hoop dat sy vroeg gaan inkruip met haar kroos. Vroeg die volgende oggend is Gerda by die boom en sy wag geduldig vir Nadia. Ewert is nog half aan die slaap maar hy sal nie vir Gerda in die steek laat nie. Geduldig sit hulle en wag vir Nadia. Na sowat ‘n half uur later, sien hulle haar na die boom toe aanstap. Ag sy hoop nou net dat hulle kan vandag vir Kerneels help. Gerda verduidelik dat die Dwerg baie omgee vir sy besittings. Hy sal enige iets doen om sy besittings te beskerm. As hy vir Kerneels uit bring na die bos om te werk sal sy en Ewert sy huis aan die brand steek. Die dwerg sal dan hardloop om sy huis te red en dan moet Nadia vir Kerneels help en hom losmaak. Hulle moet vinnig huis toe hardloop en Gerda en Ewert sal ook skuiling soek. Nadia weet nie of dit sal werk nie maar sy is bereid om te help solank sy net vir Kerneels huis toe kan neem. Gerda vat die olie kan wat sy uit die waenhuis uit gehaal het en stap na die dwerg se huis met Ewert. Sy los vir Nadia op die plek waar Kerneels elke dag moet kom hout kap. Gerda hoop nou net die dwerg gaan weer vandag vir Kerneels bos toe vat. Hulle skuil agter ‘n muur by die werf en ja waarlik daar kom die dwerg uit met Kerneels en ‘n tou om sy nek. Die dwerg skel al klaar en se ̂ hy moet baie hout kap vandag want more wil hy dit gaan verkoop. Kerneels is al so moeg en loop

Part elf

as sy vir hulle se ̂ dat sy ‘n nuwe vriend ontmoet het en hy is ‘n wolf. Saggies gaan sy die huis in, was al die bloed van haar hande en maak haarself reg om te gaan slaap. Sy was nie eers honger nie want sy het die hele tyd gedink aan die wolf wat onder die boom le ̂. Ewert het gou gou buite van die hoender se kos gee ̈et en saam met Gerda gaan slaap. Dit was ‘n wonderlike ervaring vir Gerda en dit was twee dae van opwindende gebeurtenisse in haar lewe. Mo ̂re is nog ‘n dag en wat gaan die dag vir Gerda inhou? Vroeg die volgende oggend het Gerda vars en uitgerus opgestaan. Dit was nog vroeg in die oggend en almal in die huis was nog vas aan die slaap. Gerda wou dringend na die woud gaan om te gaan kyk of Enrico die wolf nog daar is, maar sy het eers ‘n mandjie gepak met kos vir haar, Ewert en Enrico. Binne in die mandjie het sy ook vars water en salf gesit vir die beseerde wolf. Vinnig stap sy na die rivier met Ewert op haar skouer. Haar ouers sal haar nie soek nie want hulle weet Gerda is altyd vroeg op en buite as sy op die plaas is. Hulle het ‘n hele rukkie na die boom gesoek en Uiteindelik hom gevind, maar tot haar teleurstelling was wolf nie daar nie. Nou was sy baie bekkommerd want sy het nie geweet of hy nog lewe nie. Moedeloos gaan sit sy op ‘n klip en huil bitterlik. Ewert die eendjie, weet nie hoe om haar te troos nie en besluit om saam te huil, want die wolf was tog sy beste vriend. Ewe skielik hoor Gerda weer die liedjie van gister. Sy kyk verskrik op en sien die feetjie op ‘n blommetjies sit en kyk na haar. Vinnig hardloop Gerda na haar en vra “het jy miskien vir wolf gesien? Hy het gister so seer gekry en ek is bekkommerd oor hom.” “Gerda, Gerda, het ek nie vir jou gister gese ̂ dat wolf nie dood sal gaan nie? Hy is terug huis toe om sy wonde te lek en gesond te word. Gaan nou en ontdek nuwe avonture wat op jou wag. As jy weer vir wolf sien, sal hy gesond wees.” Antwoord die feetjie. Gerda stap half onwillig weg met Ewert op haar skouer. Nadat Gerda en Ewert ver geloop het, kom hulle by ‘n groot bloekomboom. Rustig sit hulle in die koelte en eet van die heerlike kos wat Gerda ingepak het. Terwyl sy rustig op die gras gesit het, hoor sy iemand huil. Sy kyk oral om haar heen maar sien niemand nie. Ewert gaan staan voor haar en wys na die boom. Gerda kyk op en sien die mooiste, volkleur kat, wat sit en huil. “wat is fout en hoekom is jy so treurig en huil so baie?” vra Gerda vir die kat. Half sku en bangerig kyk die kat af na Gerda en antwoord droewig “my man is gevang deur ‘n bose en selfsugtige dwerg, wat bo in die bos woon. Hy sluit hom toe elke aand en in die dag moet hy vir hom werk. Ek en my kinders is alleen en bang en ons weet nie of ons hom weer sal sien nie.” Antwoord die kat. Gerda is nou baie kwaad en wil weet waar die wrede dwerg woon. Die kat se sy sal vir Gerda wys maar sy moet versigtig wees want die dwerg sal haar ook gevange hou. Eers vra Gerda wat haar naam is en die kat antwoord Nadia. “Dit is ‘n pragtige naam wat pas by ‘n pragtige kat.” Antwoord Gerda.

Part tien

Wat ook teruggee aan jou met plesier
Gerda was so verwonderd oor die liedjie dat sy impulsief die stem gevolg het. Haar twee vriende was skoon verbaas toe hulle haar hoor lag asof sy met iemand gesels. Net Gerda het die pragtige meisie gesien wat weg gehardloop het en sy het haar gevolg. Soos twee wildsbokkies hardloop die twee meisies deur die bos, en dan hoor Gerda weer die liedjie. Dit was asof Gerda in ‘n ander we ̂reld was met net pragtige blomme, bome en musiek. Haar twee vriende, die wolf en die eend, het agter haar aan geroep en probeer om haar terug te kry. Later vat wolf vir eend op sy rug en hulle hardloop agter Gerda aan. Ewe skielik kom die twee meisies by ‘n brug aan, wat oor ‘n blou rivier is. Gerda wil nog met die meisie gesels toe verdwyn sy voor Gerda se oe ̈ op die brug. Daar heers ‘n skielike stilte en die musiek het ook verdwyn. Nou staan Gerda verbaas en verstom oor die verdwyning van die meisie. Was sy ‘n feetjie, ‘n droom of net verbeelding? Gerda wil oor die brug spring om die meisie te volg, maar gelukkig kom wolf en eendjie net betyds daar aan. Enrico die wolf byt haar rok en trek haar terug na die bosse. Sy skrik toe sy die wolf sien asof sy wakker geword het en nie weet wat om haar aan gaan nie. Ewert probeer haar kalmeer en vra nuuskierig wat maak sy op die brug en wie het sy gevolg? Gerda kon nie antwoord nie want alles was vir haar ook onduidelik en sy was in ‘n beswyming. Vinnig beweeg Gerda, die wolf en eend na die pad wat hulle moet volg om uit die woud te kom. Enrico die wolf is nou baie senuweeagtig en kyk om hom of hy iets kan raaksien. Skielik uit die bloute, verskyn die jakkies voor en agter hulle. Ewert spring in Gerda se arms want die jakkies lyk omgekrap en onvriendelik. “Wat maak julle op ons berg?” het die jakkies vir hulle gevra. Gerda wat nou eers besef waar hulle is, het bang agter die groot wolf gaan staan. Wolf het dadelik besef dat hulle nie ‘n kans het teen die klomp jakkies nie en besluit om eerder hulle te probeer ontsenu deur hulle stip in die oe ̈ te kyk. Onder geen omstandighede moet hulle weet dat hulle op daardie oomblik die sterkste is nie. Die vrees vir die wolf en ook die uitdagende houding van Enrico het hulle moed gegee om hom aan te val. Die leier van die groep het hard getjank en hulle het die wolf aan geval. Intussen het Gerda vir Ewert in ‘n boom gesit en ‘n groot stomp op getel. Sy het dreigend nader geloop en van die jakkies geslaan met die stomp. Hierdie was heeltemal vreemd vir die jakkies, dat mens en dier saam veg. Hulle besluit toe om weg te gaan, want hulle weet dat die kind is bekend by die diere en sy sal hulp kry. Gerda besef met blydskap dat die jakkies nou vlug. Sy draai om na wolf, maar sien hy le ̂ bloeiend en doodstil op die grond. Gerda buk by hom en praat saggies met hom. Wolf maak nie sy oe ̈ oop nie en hy haal swaar asem. Gerda skreeu vir Ewert “Kom sit hier by Enrico want ek gaan gou daar by die brug en die rivier water haal.” Gerda hardloop vinnig na die rivier en haal haar hoed af en skep water vir die wolf. Skielik verskyn die meisie of feetjie voor Gerda. “Wolf sal nie dood gaan nie want hy wag al jare vir iemand wat omgee vir hom. Vandag het jy dit bewys deur hom te help veg teen die jakkies en nou vir hom te sorg.” Gerda wil nog iets se ̂, toe verdwyn sy alweer. Vinnig stap Gerda na Ewert en Enrico en buk oor die wolf. Sy gee hom water om te drink en was sy wonde. Gerda wag geduldig by hom todat hy sy oe ̈ oopmaak en na Gerda staar. “Baie dankie vir jou hulp en nou weet ek dat mens en dier kan saam staan. Gerda, jy het ook my lewe verander en ek sal vir ewig dankbaar wees.” Fluister die wolf saggies. Gerda en Ewert help hom op en kruppel-kruppel loop hulle tot by die groot boom, waar hy in die koelte le ̂. “Loop al langs die rivier en julle sal by die plaashuis uit kom. Ek sal nou reg kom en hoop om julle twee weer te sien.” Se ̂ Enrico. Gerda en Ewert stap vinnig in die rigting wat wolf beduie het en gou gou sien hulle die plaashuis. Gerda se gemoed is so vol oor al die gebeure vandag, maar wie moet sy dit mee deel? Niemand gaan haar glo

Part nege

klim hulle verder af na die grond toe. Gerda, wat haar self afgeskud het en na haar seer arm gekyk het, het nie besef dat Ewert stil en doodsbleek was nie. Die eendjie het angsbevange om hom gekyk en in ‘n piepklein stemmetjie gese ̂, “Gerda ons is nou in die gevaarlikste gebied op die plaas. Hierdie is die woud van die wilde diere wat baie gevaarlik is. Ons moet so gou as moontlik hier uit kom of ons gaan vir ons lewe moet veg.”Gerda kyk om haar rond en besef dat sy het nog nooit hier gekom nie. Waarom het haar oom haar nie vertel van die woud nie. Nou eers besef sy dat sy en Ewert in gevaar is en begin te huil. Sy was nog nooit bang nie, maar ewe skielik voel sy ‘n vrees kom oor haar wat sy nie kan beskryf nie. Ook besef sy dat lelike en slegte diere net soos karakters is ook op die plaas. Haastig gryp sy vir Ewert en begin voetjie vir voetjie vorentoe beweeg en draai nou en dan in die rondte om agter haar te kyk. Net toe sy terug draai sien sy die groot wolf en sy groot bek hier voor haar staan. Haar gil weerklank reg deur die berge en self die wolf tree agteruit. Gerda het styf teen ‘n boom gaan sit, met Ewert in haar arms. Nou wag sy net vir die ergste wat met hulle kan gebeur. Die wolf het stadig vorentoe beweeg en op ‘n half knielende houding na Gerda gekruip. Saggies het hy begin praat en gese ̂ sy naam is Enrico en hy sal haar nie seermaak nie. Gerda het besef dat Ewert nie bang was nie en die volgende oomblik spring hy uit haar hand en gaan na die wolf. Die wolf groet hom vriendelik en laat hom toe om op sy rug te spring. Nadat die eendjie vir Gerda verduidelik het oor sy vriendskap met die wolf was Gerda baie verlig en ook bly dat Ewert sy vriend weer ontmoet het. Gerda, die eend en die wolf het die hele dag in die woud deur gebring. Hulle het wilde vrugte gee ̈et en op die gras gele ̂ en kyk na die wolke. Gerda het die twee herinner dat sy nog by die huis moet wees voordat dit donker is. Die wolf het geweet hoe om uit die woud te kom. Dit was ‘n baie ver pad om te loop. Hulle moes om die rivier loop, deur die donker grot, oor die brug van die verkleur kat en al langs die rivier tot waar hulle by die “jakkies” se gebied is. Die “jakkies” was ‘n groep Jakkalse wat mense bang gemaak het, alhoewel hulle nie mense dood wil maak nie. Hulle wou net respek afdwing van mens en dier want dit was vir hulle belangrik as hulle gevrees word. Die wolf was nie bang vir die “jakkies” nie, maar wou nie teen hulle gaan in hulle eie gebied nie. Gerda het haar avontuur van gister gedeel met Enrico die wolf en ook die dapper eend wat haar wou help. Terwyl hulle geloop het, hoor sy ‘n sagte stem wat haar naam roep. Angsbevange beweeg sy nader aan die wolf, maar die stem roep nou harder. “Hoor julle die stem wat my naam so roep?” vra Gerda vir haar twee vriende. “Nee ons hoor niks, en hoe klink die stem? Verbeel jy dit nie?” Gerda weet nie meer of alles om haar onwerklik is of dit net haar verbeelding is. Die stem roep weer en ewe skielik hoor sy die musiek en iemand wat sing:
Gerda, Gerda kind van die wind
Waar sal jy jouself mo ̂re bevind?
In die werklikheid of fantasie
Maar alles is vir jou ‘n passie
Gerda, Gerda, kind van die wind
Wat daarvan hou om haarself te bind
Aan die wonderlike natuur en sy dier

Part agt

By die vergadering vra hulle baie vrae en ook hoelank is een dag en een nag in feetjieland. Gerda het dit gelukkig gelees in ‘n verhaal en sy antwoord dadelik een dag is drie ure lank en een nag is drie ure lank, want in feetjieland is daar nie tyd om te rus nie. Al die we ̂reld se kinders wil elke dag stories hoor en daarom is hulle baie besig. Die vergadering verdaag nadat hulle vir Gerda verwelkom het. By haar huisie het sy moedeloos op die bed gesit en planne probeer maak om uit te kom uit hierdie lelike land. Sy weet nou dat lelike karakters ‘n verhaal lelik maak en sy wil nie deel wees van die groep nie. Gerda het ook geleer as jy glo in feetjies kan jy hulle roep en hulle sal jou kom help. Sy stap na buite en roep na ‘n feetjie, want sy wil voor die son opkom uit hierdie plek wees. Skielik hoor sy ‘n geluid soos ‘n klein bytjie wat vlieg en voor haar verskyn die mooiste klein feetjie. Die feetjie vat haar hand en lei haar terug na die gat. “ Jy het nog nooit ‘n diertjie seer gemaak nie of ‘n blommetjie vertrap nie, daarom het die Koningin my gestuur om jou te help” se ̂ die feetjie. Sy vra vir Gerda om haar te vertrou en sy neem haar terug na die tou. Daar laat sy Gerda die tou vashou en sy swaai haar tower stok oor die tou. Skielik trek iemand die tou en vir Gerda op en sy kan uit die gat klim. Gerda was so verlig en bly dat sy begin huil het. Sy wil nooit weer by die slegte karakters wees nie. Hoe kan kinders lag as die slegte karakters iemand vang of seermaak. Vir Gerda was dit net verskriklik om te sien hoe goed dit met die slegte karakters gaan, want die kinders wil hulle graag in ‘n verhaal he ̂. Sy vra die goeie karakters waar Ewert die eendjie is en hulle antwoord dat hy na die ree ̈nboog is. Vinnig hardloop sy na die ree ̈nboog en kry hom daar. Sy was nou baie kwaad en wil weet of hy na die pot vol goud soek terwyl sy onder was. “Nee, ek het kom geld haal om iemand te betaal wat my sal help om jou daar uit te kry” antwoord Ewert gou. Gerda was so bly en het hom omhels. Ewert was die lelike eendjie, maar nou was hy die mooiste eendjie in Gerda se oe ̈. Sy tel die eendjie op en dra hom saam met haar huis toe. Dit was nou al donker en sy weet haar ouers en oom gaan haar kom soek. Naby die huis sien sy ‘n lig en dit lyk soos ‘n flits lig. Sy hardloop vinnig na die lig toe en sien dit is haar Pa. Hy was diep bekommerd en ook kwaad. Gerda wil nog vir hom vertel wat met haar gebeur het, maar besef gou dat nie een sal haar glo nie. Wat weet grootmense van ‘n feetjieland en ‘n fantasie we ̂reld? Hulle lees net die boeke en glo nie dat jou drome waar kan word nie. By die huis eet sy gou en gaan bad saam met die eendjie. Hy het so geswem in die bad en wou nie uit klim nie. Gerda was doodmoeg en het vinnig bed toe gegaan. Gou gou was sy aan die slaap en sy het vir die eerste keer in ‘n lang tyd nie gedroom nie. Vroeg die volgende oggend was sy uit die vere, want op ‘n plaas slaap jy nie laat nie. Die plaas is groot en daar is so baie om te doen op die plaas. Gerda kyk by die venster uit en sien haar oom en pa is al by die beeste besig om te melk. Sy gryp vir Ewert en hardloop na die kombuis. Die groot pot pap is op die stoof en die wors bak in die pan. Gerda skep vir haar in, eet vinnig en gryp haar hoed en bottel water wat sy altyd saam neem. Al laggend en vol moed stap Gerda en Ewert die paadjie af na die bosse. Ewert ken die paadjie so goed en hy waggel langs Gerda. Die paadjie na die bosse was lanklaas gebruik , maar vir hulle twee was daar niks om voor te skrik nie. Die eendjie het al die paadjies geken en hy was nog net eenkeer verdwaald toe Gerda hom gister gehelp het. Ewe skielik hoor hulle ‘n geluid vanuit die digte bosse langs die pad. Gerda wat nooit bang is op die plaas nie, was nou bewerig en het ‘n nare gevoel op haar maag gehad. Gister se avontuur met die karakters was net een te veel vir haar. Sy gaan staan doodstil en kyk na die bosse. Ewert was nou agter Gerda en het skuiling gesoek. Of dit nou verbeelding was of werklikheid weet hulle nie, maar hulle begin weg hardloop van iets. Die een wil vinniger as die ander een hardloop en so in die verwarring om weg te kom, sien hulle nie die afgrond nie. Eers toe Gerda begin gil en rol en Ewert agter haar aan, besef hulle dat hulle oor die afgrond is. Gelukkig vir hulle was daar ‘n krans wat hulle val gestuit het. Stadig en seer

Part sewe

juis genoem dat net slegte karakters hier onder woon. Skielik hoor sy ‘n bars en ‘n harde stem, “Hello waar kom jy vandaan en wat is jou naam” Gerda maak haar oe ̈ oop en kyk na die groot wolf wat hier by haar staan en ewe onvriendelik vra, “In watter storie is jy die slegte karakter en wie het jou hier afgegooi. Eers wil sy opspring en weg hardloop, maar sy weet nie waarheen nie. Gerda besef sy sal moet saam speel en niemand kwaad maak nie. As hulle weet sy is nie ‘n slegte karakter nie, mag hulle haar seer maak. Gerda vra ewe vriendelik vir Wolf wat sy naam is en waar pas hy in as dit by die stories kom. Trots antwoord Wolf dat hy in Rooikappie is en hy het dit geniet om die ouma en Rooikappie skirk op die lyf te jag. Nou moet Gerda vinnig dink in watter storie of verhaal is sy die slegte karakter. “My naam is Gerda en ek is in die verhaal die meisies en die vis” antwoord sy vinnig en kyk af sodat Wolf nie kan sien dat sy jok nie. Wolf krap sy kop en kyk stip na haar. Hy het nog nooit van die verhaal gehoor nie, maar hy is nou al so lank hier onder dat hy miskien van die nuwe verhale vergeet het. Die wolf neem haar hand en lei haar na ‘n huisie in die woud. Hierdie huis behoort aan die drie varkies maar die wolf het dit afgevat. Nou kan die huis aan Gerda behoort, want die wolf het dit weggegooi. Gerda is so dankbaar dat sy vinnig in die huis gaan. Voor sy die deur toemaak se ̂ Wolf dat sy vanaand na die vergadering moet kom. Gerda is so moeg en uitgeput en sit ook dadelik op die bank en huil. Waarom is sy so nuuskierig en wat gaan van haar word. Sy besluit om rond te loop en te kyk of sy iets kan doen om hier uit te kom. Die huisie lyk net soos die huis in die drie varkies verhaal. Daar is ‘n groot koorsteen binne, met ‘n groot vuur en in die kaggel staan ‘n groot swart pot. Gerda besef sy sal alleenlik met die karakters kan klaar kom as sy die verhale goed ken. Hoeveel keer het haar ma nie vir haar gese ̂ om te lees nie en veral die fee verhale. Na sowat twee ure klop iemand haastig aan die deur en vra met ‘n harde stem, “Is jy daar meisiekind , ons moet na die vergadering gaan.” Gerda is doodbang en vra vir die wolf om haar terug te neem na die gat en hy weier dadelik. Nee sy moet vergadering toe gaan want sy is nuut en hulle wil uitvind wat sy ken en wie sy ken in die verhale en stories.

Part ses

Dadelik het Gerda hom opgetel en na die koelte gedra, waar sy vir hom van haar water gegee het uit ‘n groot blaar van ‘n boom. Saggies het sy hom neergesit en eenkant gaan sit op ‘n klip en hom dopgehou. Weer het hy na haar kant toe geloop en naby haar gaan staan. Sy gee weer vir hom water en sit hom terug in die koelte want die son is nou baie warm. Die dag stap aan en Gerda wil die diere besoek, maar sy weet nie wat om met die eendjie te doen nie. Miskien is hy verdwaald en wil hy terug gaan na sy maats en familie by die dam. Net daar besluit Gerda om hom op te tel en saam te neem. Nadat hulle ‘n entjie geloop het hoor sy die klein stemmetjie. “Dankie.” Verskrik kyk sy rond, maar sien niemand. Weer hoor sy die klein stemmetjie en sy kyk af na die eendjie. Sekerlik kan dit nie van die eendjie afkom nie en kwaad roep sy uit “Kom uit as jy wegkruip wie jy ookal is” Ewe skielik hoor sy “ Ek is hier in jou hand en my naam is Ewert. Moet my asseblief nie neersit of bang word nie. Is jou naam Gerda want al die diere ken jou en hulle het my vertel van jou wat van die dorp afkom. Hulle se ̂ ook jy is baie lief vir diere en sal nooit ‘n dier seermaak nie”. Gerda bevestig dat haar naam Gerda is, maar sy is nou baie bang want sy het net altyd gedroom dat sy met diere kan praat en nie geglo dit kan ‘n werklikheid word nie. Ook wou Gerda weet waar is die ander diertjies en van wanneer af praat hy. Wie het hom so gemaak? Die eendjie antwoord vinnig dat daar ‘n feetjieland is en al die diere praat. Nou is Gerda baie nuuskierig en ook dieselfde tyd opgewonde. Hoeveel keer het sy nie al gedroom van hierdie dag nie en kan haar drome nou waar word. Sy vra vir Ewert om haar na feetjieland toe te neem, dan sal sy hom help om na sy familie en vriende terug te keer. Nadat hy ingestem het, stap hulle verder. Gerda dra vir Ewert, want hy is swak en uitgeput. By die perde stalle sit sy die eendjie neer naby ‘n groot appelboom in die koelte. Gerda was nou ook moeg en gaan sit op ‘n stuk groen gras. Skielik hoor sy ‘n getjurp en sien die eendjie spring op en af. Gerda hardloop na hom en hy verduidelik vinnig dat die deur oop is en sy moet saam kom. Gerda het half skrikerig nader na die stal beweeg. Ewert die eendjie het stadig na die agterkant van die stal beweeg. Dadelik wou sy weet waar hulle heen gaan en half vererg antwoord Ewert dat sy wil feetjieland sien en sy moet saam kom. In feetjieland is al sy vriende en familie. In die stal het al die diere vir Ewert gegroet en geweet hy was weer oppad na feetjieland. By ‘n deur staan Ewert stil en trek aan ‘n toutjie. Skielik swaai ‘n deur oop en Ewert gaan binne met Gerda wat half onwillig volg. Binne was ‘n muur en Ewert vra Gerda om die muur te stoot, totdat dit beweeg. Gerda probeer die eerste keer maar die muur beweeg nie. Die tweede keer stoot sy hard en die muur beweeg . Vinnig gaan Ewert in en Gerda volg hom. Verstom en verbaas sien sy al die karakters van al die fee verhale is daar en hulle beweeg en praat met mekaar. Die tandmuis staan met ‘n tand en is besig om ‘n sterk muur van ‘n kasteel te bou. Nie ver van hom nie sit Rooikappie met haar mandjie eetgoed en huil. Die drie Beertjies gesels met Goue lokkies en eet pap. Die drie varkies is besig om nuwe huisies te bou en Sneeuweitjie is besig om die huisies van die dwergies skoon te maak. Dit was iets om te aanskou en Gerda was stom geslaan. “Maar waar is al die slegte mense? Hulle moet ook e ̂rens wees?” vra Gerda verbaas. “Ja”antwoord Ewert, “Hulle is hier onder in feetjieland”. Ewert gaan na ‘n gat naby ‘n groot boom en wys vir Gerda waar die slegte karakters is. Hoe kan hulle daar in kom wil sy weet en Ewert antwoord dat hulle volg die goeie karakters en as hulle in feetjieland wil inkom word hulle gedwing om af te gaan na onder. Die eendjie wys toe vir Gerda hoe en waar stamp hulle die slegte karakters af om onder feetjie land te woon. Net op Daardie oomblik kom Pinocchio met sy lang neus en hy wil ook sien na wat kyk Gerda en Ewert . Sy voet gly en hy gryp na Gerda. Sy verloor haar balans en tuimel die gat af. Ewert skree en hardloop paniek bevange rond en soek hulp. Hy kyk af en kan glad nie vir Gerda sien nie. Gerda val tot heel onder en le ̂ vir ‘n paar minute stil . Sy het pyn en nou wonder sy waar sy is, want Ewert het

Part vyf

die diere juig. Gerda het op gehardloop na haar oom en hom ‘n drukkie gegee en vinnig binne in die huis gegaan. Dadelik merk sy op dat die huis skoon uitgeverf is. Hulle begasie is deur die plaas werker, Danster, uit die motor gehaal en is in die huis ingedra. In Gerda se kamer was ‘n wonderlike verassing, die werpsel katjies van Ogies die kat wat haar oom gekry het die laate vankansie. “Daardie katjies is almal joune. Jy moet hulle mooi oppas, want jy het my oorreed om Ogies te hou. Jy speel nie net met hulle nie maar help my om na hulle te kyk todat hulle groot genoeg is om weg te gee. Daar is al heelwat boere wat een wil he ̂ vir die muise op hulle plaas. As jy klaar uitgepak het kan jy na die bosse en kraal gaan om die diere te groet” se ̂ oom Koos. Gerda pak vinnig uit, maak haar hare vas, want sy hardloop in die wind. Sy ken die pad al so goed veral die een na die watergat en besluit om haar boetie saam te vat. Miskien is daar nuwe eendjies of gansies en hy sal dit so geniet. Die geel blommetjies was oortrek van alle kleure skoenlappers. Gerda neem altyd ‘n sonhoed saam en ‘n net as sy iets wil vang. Vandag wil sy egter nie die skoenlappers jaag nie, want vandag wil sy vir haar boetie al die diere wys. Jan het nie sy skoene aangetrek voordat hulle begin stap het nie, daarom moes Gerda hom dra want daar was duisende dorings langs die pad. By die kraal merk sy op dat daar nie diere is nie. Nie eers een klein kuiken nie en sy was bekkommerd. “Waar is al die klein diertjies” vra sy angstig vir Piet, “ Nee klein miesies almal le ̂ by die nuwe dammetjie wat in die koelte gebou is, Dit is ‘n hele ent se loop en ek weet nie of die kleinbaas sal kan saam gaan nie” antwoord Piet. Gerda besef sy sal vir Jan moet huistoe neem en terug kom. Sy tel hom op haar rug en stap terug huis toe. By die huis verduidelik sy aan haar ma waar die dammetjie nou is en sy wil terug gaan. Sy mag gaan as sy haar hoed op sit en water saam vat. Vinnig hardloop sy terug want sy is so nuuskierig om die nuwe dammetjie te sien. Oppad na die dam sien sy iets beweeg in die bos, Gerda staan doodstil en kyk stiptelik na die bos. Weer is daar ‘n beweging en Gerda tel ‘n stok op. As daar nou een ding is wat haar bang maak is dit ‘n slang en na die ree ̈n is daar gewoonlik baie slange. Sy moes eintlik vir Reus, die groot Boer Boel saam geneem het, maar sy was te haastig. Gerda stap stadig nader na die bos en roer met die stok in die bos. Uit die bos het ‘n klein swak eendjie gekom.

Hier is part vier

ontspan op die plaas nie. Toe haar pa opdaag, het Gerda gaan slaap want hulle ry vroeg die volgende oggend. Dadelik het sy aan die slaap geraak en begin droom van die plaas en die diere. Sy droom al die diere praat met haar en sy verstaan hulle. ‘n Feetjie het ook oor die diere gewaak en hulle beskerm. Die volgende oggend word sy speels- speels wakker gemaak deur die son se strale. Sy voel verward en onseker oor haar droom en dink “sal dit nie wonderlik wees as die diere kon praat en sy hulle kon verstaan nie,” dink Gerda. Skielik hoor sy haar ma en pa praat buite by die motor en weereens besef sy die groot dag het aangebreek en sy gaan plaas toe. Sy spring uit die bed , gaan badkamer toe om te stort en trek vinnig aan. Haar boetie gaan in sy nagklere, want hy is nog vas aan die slaap. Gerda help om al die bagasie in te laai en ook die padkos, wat haar ma die vorige aand gemaak het. Sy weet die plaas is drie ure se ry en daarom vat sy ‘n storieboek saam om te lees. Ook ry Gerda nooit e ̂rens heen sonder dat sy ‘n boek en pen saam vat nie. Daar is te veel goed om te sien en sy hou daarvan om notas te maak van alles wat haar boei en ook nuwe goed op die paaie. Ook gaan haar skaakspel saam want sy en haar Pa speel graag skaak in die aande. Die mees belangrikste items wat sy vat is haar klein “Poly Pocket” Poppies, want so gesels sy met hulle, al antwoord hulle haar nooit nie. Hulle laat haar toe om al haar gevoelens met hulle te deel en ook gaan hulle saam met Gerda in haar fantasie we ̂reld in. Elke een het ‘n naam en elkeen was op haar eie manier spesiaal vir Gerda. Daar was drie poppies. Gerda het hulle by verskillende mense gekry en daarom was hulle so kosbaar vir haar en het hulle altyd saam gegaan waar sy ookal gaan. As sy een moet verloor sal sy so hartseer wees want hulle is onvervangbaar. Ook neem sy altyd haar klein radio saam want musiek is so strelend en ontspannend. Sy is mal oor Afrikaanse musiek en sy geniet dit terdee. Na sowat twee ure se ry , besluit Gerda om ‘n storie te skryf. Sy skryf van ‘n perd en sy ma en al hulle manewales. Ook van wreede mense wat hulle vang en in kampe hou vir hulle eie gebruik. Ook skryf sy van die vul wat nie in gevangenis wil lewe nie en hy breek uit en hardloop die veld in. Nadat sy sowat vier bladsye geskryf het, raak sy aan die slaap. By ‘n vulstasie hou haar Pa stil en maak haar wakker. Nou gaan hulle iets eet en hulle bene rek. Ma wil ook vir boetie was en sy slaapklere uit trek. Hy moet ook nou iets te drinke kry want hy is honger en dors. Haar ma het so lekker padkos gemaak en almal is nou honger. Na ontbyt gaan Gerda se ma in die winkel in om ‘n boek te koop en sy koop ook vars paas eiers, wat sy in die winkel sien. Sy neem dit gou motor toe en sit dit skelmpies onder die sitplek. Sy wil die paas eiers vir ‘n verrassing hou as hulle paas Naweek op die plaas is. Nadat almal nou uitgerus en hulle honger gestil is ry hulle rustig verder. Skaars het hulle begin ry of Jan en Gerda was weer vas aan die slaap. Na sowat ‘n uur se ry maak Gerda se Pa haar wakker. “Kyk Gerda, daar is perde en skape en bokke, en ai die gras is so groen na al die ree ̈n.” Gerda het opgespring en al die diere bewonder. Dadelik was Gerda opgewonde want die plaas was naby en sy voel hoe sy ontspan. Daar was ‘n spierwit perd met ‘n klein pragtige vulletjie, ‘n groot Afrikaner Bul en heelwat koeie en twee donkies wat rustig staan en die we ̂reld bekyk. Die skape en bokke het net staan en vreet aan die lowergroen gras, asof hulle bang was dat die gras sal verdwyn. Skielik se ̂ Gerda se ma “kom ons speel iets soos oogie, oogie, ek sien ‘n voorwerp wat begin met ‘n P.’’ Pa begin lag en Gerda kyk rond opsoek na ‘n voorwerp wat begin met die letter “P”. Skielik op die koppie staan die plaas huis helder en pragtig vir almal om te sien. “Dit is Plaas” skree Gerda en wys na die plaashuis. Na ‘n rukkie vra sy haar Pa om stil te hou. Gerda spring uit en hardloop na die plaashuis. By elke hek staan sy stil en maak dit oop vir die motor. Gerda trippel soos ‘n wildsbokkie deur die gras en bosse na die plaashuis. Oppad sien sy verskillende voels wat alle geluide maak en verskrik opvlieg na die rus versteuring. By die stoep se voordeur wag Gerda se oom vir haar met ‘n glimlag op sy gesig. Die kind van die wind het gekom en al

Part drie met minder foute

Gerda het stadig saam met haar vriende na die hek geloop en daar het ‘n koue windjie gewaai. Haar ma was baie kwaad omdat Gerda so koud was en die dun hempie aangehad het. In die motor het haar ma ‘n kombersie oor haar gegooi, want nou was sy bewerig en regtig koud. By die huis het Gerda se ma haar gebad en warm aangetrek. Sy het vir Gerda heerlike warm sop en toebroodjies gebring , nadat sy haar in die bed gesit het. Saam met die kos het Gerda se ma vir haar medisyne gegee en ‘n sakdoek. “Waarvoor is die sakdoek, mamma?” vra Gerda ewe verbaas. Haar ma glimlag en antwoor “Gerda elke ma weet wat voorle ̂ vir haar kind as sy haar self nie opas nie” en stap uit. Gerda het dankie gese ̂ en vinnig begin eet, aangesien haar keel nou ook seer word. Nadat sy gee ̈et het skakel sy die televisie aan en klim onder die komberse in. Die medisyne het haar lomerig laat voel en gou- gou was sy vas aan die slaap. Eers die volgende oggend het Gerda wakker geword, maar met ‘n lopende neus en ‘n kopseer. Sy het glimlaggend die sakdoek gevat wat haar ma die vorige aand gelos het en haar neus afgevee. “Ai,” het Gerda gedink “mammas weet altyd alles en is so slim”. Sy stap haastig kombuis toe en daar vind sy haar ma besig met ontbyt. “Gerda , ons gaan eers volgende week plaas toe,aangesien jy siek is en jou Pa dan eers van die werk kan afkry” se ̂ Gerda se ma. Gerda was baie teleurgesteld en ongelukkig. Sy wou net by die plaas kom want sy weet daar sal sy gou gesond word met al die gesonde kos en vars lug. Na ‘n rukkie het Gerda besluit om maar tog met haar boetie te speel ,want al voel sy so siek dit sal nie help om net te le ̂ en sieker te word nie. Sy en haar boetie het so gelag en gespeel totdat hy aan die slaap geraak het met sy troeteldiertjies om hom op die mat in die sitkamer. Nou was dit weer so stil in die huis en Gerda besluit om op die rekenaar te sit en te kyk na haar blog. Nadat sy al haar boodskappe gelees het , besluit sy om ‘n paar briewe te skryf en ook in haar blog te se ̂ dat sy plaas toe gaan en vir ‘n sekere tydperk nie sal kan antwoord nie. Jan haar boetie het gele ̂ en snork en haar ma was besig in die kombuis. Laat middag besluit Gerda om te gaan bad en nadat sy klaar was het sy haar boetie ook gebad. Nou wag almal net vir Pappa om te kom, sodat almal rustig saam kan verkeer. Later na die heerlikste boere kos wat haar ma gekook het, hou almal saam huis godsdiens. Gerda vra of sy haar boetie aan die slaap moet maak en haar ma antwoord dat dit sal haar help, aangesien sy nog so baie het om te doen. Gerda het ook vroeg gaan inkruip, aangesien sy nog nie lekker gevoel het nie, en sy wou tog so graag vroee ̈r plaas toe gaan. Die volgende oggend voel Gerda baie beter en sy hardloop na haar boetie se kamer. Sy dra hom na haar ma en sit hom in sy stoel. “Gerda hoe voel jy en is jou keel nog seer” vra haar ma angstig. “ Ek voel stukke beter, dankie Ma en ek wil graag buite gaan speel.” Antwoord Gerda. “Wel ek is so bly want Pappa het afgekry van die werk en hy se ̂ as jy beter is, kan ons mo ̂re plaas toe gaan” Gerda is so bly en sy omhels haar ma, want dit is al wat sy begeer om so gou as moontlik op die plaas te kom by haar diere vriende. Vinnig help Gerda haar ma om Jan aan te trek, want hulle drie moet nou gou- gou winkels toe om alles te koop vir die plaas. Die winkels is gelukkig nie ver nie en daar is so baie winkels onder een dak dat daar geen problem is om al die inkopies so gou as moontlik af te handel nie. Dit was die bedoeling totdat die twee meisies, Gerda en haar ma, besluit het om die parfuum uit te toets. Hier was nou die geleentheid om alles te ruik en te gebruik. Wat meer wil ‘n vrou he ̂? Jan die baba het al begin hoes van al die reuke en na ‘n uur besluit die twee watter parfuum hulle wil koop. Een bottel is genoeg, want Gerda en haar ma deel altyd alles. Hulle haas hulle vinnig na die voedsel winkel want die son trek al water, en hulle moet nog gaan pak vir die rit plaas toe more. Dit was nou so ‘n lekker dag vir Gerda om saam met haar ma te gaan eet en nog inkopies ook te doen. By die huis was haar boetie gou gebad en kos gegee. Nadat hy aan die slaap geraak het, het Gerda en haar ma gepak en alles voorberei vir die volgende dag. Pappa het laat gewerk want hy wou nie gesteur word, as hy

Part twee sonder foute

Haar pa wat haar elke dag skool toe neem het geduldig in die motor gewag. In die motor het sy soos sy daagliks doen, die Radio Stasie verander totdat sy tevrede was met die stasie. Sy was opsoek na haar stasie wat haar gunstelling liedjies speel wat sy en haar maats graag na luister. Haar Pa wou graag nuus luister, maar hy was nou so vererg dat hy die Radio afgesit het. Gerda was so teleurgesteld, en by die skool het sy vinnig uitgeklim, die deur toegeslaan en in die skool se terrein in gegaan. Haar pa het uitgeklim en haar tas geduldig agter haar aan gedra. Voor haar Pa gery het, het Gerda terug gehardloop en haar Pa gesoen en ‘n drukkie gegee. Gerda het in die skool ingestap en verbaas gesien dat almal in gewone klere was. Sy was die enigste een in skool klere. Gerda sien haar maats en stap vinnig na hulle toe en vra dadelik waarom hulle nie skool klere aan het nie. Sy het nie eers ‘n antwoord gekry nie toe lui die klokkie. Gerda, wat nou baie hartseer was, gaan sit in die kleedkamer en begin huil. Haar juffrou wat haar gemis het in die klaskamer het na haar gaan soek. Susan en Marie, Gerda se vriendinne, het vir juffrou gese ̂ dat sy dalk in die kleedkamer is. Juffrou het moeite gedoen om self na haar te kom soek en Gerda op die vloer gevind aan die slaap. Sy het van al die huil so moeg geraak en aan die slaap geraak. Die juffrou het haar getroos en nadat sy beter gevoel het en haar gesig gewas het, het Gerda saam met haar juffrou klaskamer toe gestap. Wiskunde was eerste aan die beurt en Gerda wat baie lief was vir Wiskunde en het dit geniet. Nadat die juffrou uitgevind het wat die probleem was met Gerda, het sy haar voor pouse na die klere bank gestuur om vir haar gewone klere uit te soek en aan te trek. Toe pouse aanbreek het Gerda vinnig haar toebroodjies gee ̈et en tot haar verbasing gesien die kinders het nou swem klere aan. Nou was dit te veel vir Gerda, want alles loop verkeerd vir haar vandag. Hoe kon sy vergeet dat dit vandag waterspele dag is en sy is mal oor water. Dit kon net nie met haar gebeur nie, maar kom wat wil sy gaan deelneem al is dit in haar klere. Nadat hulle geswem het, het almal weer hulle klere aan getrek en klas toe gegaan. Gerda wat nie warm klere gehad het nie het maar so koud in haar skool klere gesit. Voordat hulle huis toe gegaan het, het juffrou hulle ingelig oor die datum vir die skool om weer te begin asook hier en daar navorsing werk vir die vakansie.

'n Week op die plaas. Die eerste part.(Reg gemaak en al die spelfoute is uit!)

Gerda en haar broer, Jan, het in die stad saam met hulle ma en pa gewoon. Gerda was baie stout. Haar broer, Jan, was nog ‘n baba en hy was baie stil. Hulle oom het ‘n groot plaas gehad. Die plaas was ver van hulle huis af. Gerda was lief vir haar oom. Elke keer as die skool sluit wou Gerda net plaas toe ry. Die oomblik wat hulle by die plaas aan kom, klim sy in die boom of hardloop vinnig na die kraal. Daar was ook diere op die plaas, soos koeie, skape, bokke, hase, honde, ‘n kat en wildsdiere groot en klein. Gerda se gunstelling diere was die hase, want sy het altyd met hulle gesels asof hulle haar maats was. Oor een dag sluit die skool en Gerda is so opgewonde, omdat hulle plaas toe gaan. Sy kan glad nie slaap en rustig wees nie want sy sien te veel uit na die plaas. Die volgende aand met aandete het Gerda se ma vir haar ‘n lekker koppie warm melk gegee, omdat sy vroeg wou gaan slaap. Die melk het haar lomerig gemaak en gou was sy aan die slaap. Die son het vir Gerda speels- speels wakker gemaak die volgende oggend en sy het uitgerus gevoel. Gerda het vinnig haar skooldrag aangetrek vir skool. Hulle skooldrag was groen rokke met wit strepe, wat glad nie ‘n gunstelling kleur vir Gerda was nie. Die skooldrag was ook nie mooi en paslik vir Gerda nie, omdat sy graag ‘n langbroek dra. Sy het by die trappe af gehardloop en uit die deur uit. “Gerda, kom eet ontbyt voordat jy skool toe gaan en dan kan jy uit gaan op ‘n jagtog.” Roep haar ma. “Jammer Mamma. Ek kom nou.” antwoord Gerda en hardloop terug na die kombuis, want die reuk vanuit die kombuis ruik te heerlik. Vir ontbyt het sy ‘n lekker vrugtesap gedrink, vars eiers van haar oom se plaas af gee ̈et, spek wat gebraai is met die dun korsie vet, en dan haar roosterbrood met haar geliefkooste appelkoos konfyt. Sy het eers ‘n hele rukkie gesit en eet saam met haar ma. Jan haar boetie het alweer sy bottel laat val en ma moes hardloop om hom te keer sodat hy nie afklim en dit self probeer kry nie. Gerda is alleen in die kombuis gelos en toe vir Worsie, haar hondjie, ook bederf deur vir hom ook ontbyt te gee. Ma wat op daardie oomblik af kom met Jan in die arms gee toe vir Gerda toestemming om maar op te staan en uit te gaan, min wetend dat Worsie help eet het aan die ontbyt. Gerda het blits vinnig by die deur uitgehardloop en totsiens geskree vir haar ma.