Wednesday, May 6, 2009

My nagmerie

Terwyl die sonlig op my bed skyn, word ek stadig wakker. Waar is my tee en koek? Waar is my ma?! Ek hardloop na my ma se kamer. Hulle is nie daar nie! Die hond is ook weg. Ek kalmeer en loop stadig na die bure. Net kinders is daar, geen groormense! Ons loop verder opsoek na ander mense, maar vind net kinders! Al die kinders besluit om saamrond te loop. Eweskielik,uit nerens, kom 'n groot strand. Al die kinders hardloop in en swem. Hulle geniet hulleself gate uit. So in die verte sien ek 'n klein ding wat draai, dit word net groter. Dit is 'n tornado! Dit suig almal in en draai wild. 'n Groor leeu gesig staar my aan. Die leeu roep my naam al harder en harder. Ek skrik wakker en my ma staan voor my met my tee en koek. Dit was alles net 'n droom.